Herstel Hart en Huis

Daar is so baie woorde en opinies wat uitgaan oor die wereld, politiek, die eindtyd ensovoorts.

Maar wat van die naaste probleem?

Dit wat in jou huis aangaan?

Partykeer is mens nie eers lus om nog een keer te luister na die krisisse om jou nie – jy smag net daarna dat jou kinders ophou baklei of dat die familie een keer met mekaar kan praat sonder om vingers te wys na mekaar. En dis baie belangrik, want hoe moet die hele wereld regkom as daar onenigheid reg onder ‘n mens se se neus is?

Ek weet nie van jou nie, maar ek eet liewers marmite op roosterbrood en sonder Checkers margarien as om een oggend met onenigheid rondom my te sit. En toe kom ek af op die volgende boodskap. Ek wil dit graag met jou deel, want vanoggend toe ek gaan draf het (jip, met my masker aan), hoor ek die volgende vraag: “Ek deel so baie met jou. Wanneer deel jy bietjie uit wat jy kry?” Dis met ‘n glimlag gevra, maar dit maak mens vasbeslote om iets te doen.

Hier volg ‘n verkorte artikel, vryelik vertaal in Afrikaans, oorspronklik geskryf deur Jamie Rohrbaugh van “In His Presence.com”. Dit resoneer in my hart. Om die waarheid te se, hierdie was die eerste woord wat ek gekry het toe ek die Here ontmoet het in 1998. Die Here het my HERSTEL belowe van alles wat gebreek het.

Joel 3:25 ” Die Here se: Ek sal HERSTEL wat julle deur die stropersprinkane, die snysprinkane, die swermsprinkane en die jong sprinkane verloor het. Ek het hierdie groot, vernietigende leer teen julle gestuur. Julle sal weer al die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God LOOF wat hierdie wonders vir julle moontlik maak. My volk sal nooit weer so in die skande kom nie. Julle sal weet dat ek onder my volk Israel teenwoordig is. Daarna sal Ek my Gees op ALLE MENSE uitstort. Julle seuns en julle dogters sal profeteer. Julle oumense sal drome droom. Julle jongmense sal visioene sien. In die tyd sal Ek my Gees selfs op SLAWE EN SLAVINNE uitstort. Ek sal wonders in die hemel en op die aarde laat plaasvind: bloed, vuur en rookkolomme. Die son sal donker word en die maan bloedrooi. Dit sal gebeur VOOR die groot en verskriklike dag van die Here aanbreek. ENIGE persoon wat tot die Here bid, SAL GERED WORD. Die mense wat ONTSNAP sal op die Sionsberg en in Jerusalme wees, net soos die Here ges het. Hulle sal tussen die oorlewendes wees wat die Here geroep het.”

Dit voel so asof mens nou op die toppunt sit van alles wat die ashoop kon voorstel. As daar nie iets is in die huis wat kan breek nie, dan kom Covid-19 sy draai maak.

En om hierdie rede deel ek die volgende woord met jou. Sodat jy kan sien dat dinge in siklusse werk. God beloof altyd herstel – want Hy is ‘n God van Hoop. Lees maar jou Bybel. Aan die einde van elke boek, word die boek geeindig met hoop. Dis net skrywers van morbiede verhale wat almal laat doodgaan aan die einde.

Hierdie sal ‘n jaar wees waarin God jou heelmaak deur dit wat jy self doen. Hy sal jou leer wat jy moet doen om gesond te word na liggaam, siel en gees. Baie toetse wat jy in die verlede geskryf het, is verby. Die grootste toets wat jy ooit moes deurstaan, was hart chirurgie. Jy moes baie maal kyk of JOU hart reg is – en jy het jouself gedurig ondervra. Nou het jy genoeg tyd op dit spandeer. Jy het lank genoeg in die donkerkamertjie gesit en jouself kruisondervra. Dis nou tyd vir iets nuuts.

Jy sal vinnig gesond word, as jy:

Dit doen wat die Here jou roep om te doen. Skryf, kospakkies uitdeel, liefde gee vir stout kinders, geduld he met moeilike en siek oumense.

VOLG DIE BEGEERTE VAN JOU HART, naamlik om aan die Here gehoorsaam te wees in alles wat jy doen, en die beginsel van liefde vir jou medemens uit te leef. (Jesaja 58 v 8)

Dan sal jy genesing sien. Jy het meer as wat jy ooit kan dink, en jy sal aanhou om alles te ontvang wat ek vir jou het as jy dieper en nader na my toe kom. Glo in My vir groter en meer!

Jou herstel sal vinnig en seker wees.

Jy weet alreeds wat jy moet doen, maar nou sal die wil om dit te doen volg. Volg jou begeerte om aan My gehoorsaam te wees, wees verseker dat jy ander onnodige dinge uit jou skedule kan skuif sonder dat daar enige negatiewe reperkussies sal wees. Wees gehoorsaam aan My, en aan My alleen. Bestuur jouself goed en herstel:

– Jou gesondheid

– Jou geestesgesondheid (nie dat jy mal is nie, maar jy was al ‘n paar keer amper histeries)

– Neem beheer van jou skedules

– Kry jou vrede en kalmte terug in die middel van chaos.

Chaos verlaat jou nou; jy het jou deel van chaos gehad. 

As gevolg van die chaos wat jy oor die laaste 3 jaar ervaar het, weet jy dat dit moontlik is om in chaos te leef, maar dit is beslis nie aangenaam nie. Niemand geniet dit nie. Jy kan in plaas daarvan ‘n lewe van vrede geniet, en nou sal God jou help om hierdie vrede te manifesteer. Jou kalender gaan nie hierdie jaar so baie dinge kan akkomodeer soos in jare vantevore nie. Hierdie vermindering van kapasiteit kom van MY. Moenie bang wees nie, dit beteken nie jy sal minder effektief wees nie. Om besig te wees vir die saak om besig te wees is nie ‘n goddelike ding nie.

Brue word herstel en weer opgelig – die mure word herbou wat afgebreek is.

Jy sal vind dat jy gedurende die eerste drie maande van die jaar meestal by jou huis was. Dit is eenvoudig omdat jy gesalf is om by die huis te bly. Ek is besig met genesing en herstel van dinge op fondasievlak, en ek het jou nodig om in jou huislike omgewing te wees om dit te doen.

Laat my toe om in hierdie seisoen ‘n heining van beskerming rondom jou te wees, en jou te beskerm onder my vlerke.

My beskerming lyk prakties as volg:

  • Jy sal vind dat jy ekstra tyd het met My
  • Dat jy dikwels nie vrede gaan ervaar daarmee om ekstra dinge in te pas in jou skedule nie
  • Daar gaan nie ‘n deurlopende vloei van “besigwees” wees nie
  • En jy sal vind dat jy heelwat meer moet rus.

My heinings van beskerming rondom jou is ‘n heining van genesing. Dis ‘n heining van rus en vrede. Kyk uit vir my of te voorsien vir jou in maniere om te rus wat beter en groter is as wat jy vir jouself sou kon voorsien.

Ek bestraf die vernietiger ter wille van jou.

Ek salf jou om veranderings te maak wat jy nog altyd wou maak. My oortuiging het jou hart bereik en jy staan nou op goeie grond. Jy sien My ewigheidsdoelwit en jy kan hierdie veranderinge nou in stand hou. (Is dit nie goeie nuus vir die van ons wat al jare sukkel om bv ‘n gesonde eetplan in stand te hou nie? Ekself vind dat ek hierdie jaar baie makliker my luste vir lekker kos in bedwang kan hou).

Hierdie is die tyd wat jy alle kompromiee met ongesonde gewoontes kan opgee. Jy sal vind dat Ek jou lewe suiwer en reinig as jy met My saamwerk.

Jy sal egter ook ‘n goeie rentmeester moet wees van My salwing. Ek gaan nie besluite VIR jou maak nie – dit is hoog tyd dat jy op jy eie twee voete staan en besluit om my te vereer en te leef vir My ewige doelwitte. Hierdie dinge is nie te hard vir jou om te doen nie, dis naby aan jou, in jou hart en in jou mond.

Die vyand het probeer om jou eie gewoontes te gebruik om jou te verwoes.

Jy sal ondervind dat ek die volgende lagie van die seer en wonde in jou lewe aftrek. Soos wat jy elke dag op My fokus, sal die seer en die wonde waarvan jy nie eers bewus was nie wegval, en jou daaglikse lewe sal meer doelgerig raak.

Ek herstel nou jou fondasies.

As die fondasies verwoes word, wat kan die regverdige doen? Jy moet sorg dat jou fondasie ordentlik geset is en in goeie toestand. Jou fondasies is absoluut geskud in die laaste drie tot vyf jaar. Terwyl jy nog staande is – dis as jy op die rots gebou is, en die Rots is Ek – mag daar dalk nog krake in jou fondasie wees. Fondasie krake word gewoonlik veroorsaak deur stres-frakture, op hulle beurt weer veroorsaak deur tektoniese aardskuddings in die atmosfeer en daaglikse lewe rondom jou. Moet nie vrees nie. Hierdie stres frakture mag nou seermaak, maar ek sal nie toelaat dat jou voet geskuif word nie. 

Dis jou jaar van Heling en om te ontvang. 

Hierdie is die volgende komponente wat Ek in jou genesing inbou hierdie jaar:

  • Baie tyd saam met My
  • Rus in jou besige skedule
  • Prioritisering van jou skedule
  • Oefening en goeie gesondheidskeuses
  • Stilte
  • En om jouself te omring met goddelike vriende wat in die selfde laning as jy hardloop – nie om noodwendig al die tyd saam met hulle te wees nie, maar om in kontak met hulle te wees en jou lewe met hulle te deel. 

Jy het nou die geleentheid om die Hemel sien soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie. 

Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, hierdie is nie ‘n slegte ding nie. Dis ‘n funksie van rus. Wanneer jy rus en in die Gees is op die dae van die Here (en elke dag is ‘n dag van die Here) , kan ek jou roep om op te kom na hier waar Ek is. Vertrou My vir hemelse ervarings soos wat jy nog nooit vantevore gehad het nie, bv 

  • Die hoor van engelesang
  • Visioene en drome van die Hemel en van My troon kamer af
  • Om gesprekke te hoor wat ek met my Seun Jesus en met die Heilige Gees het
  • Om musiek van die hemel af te hoor wat nog nooit gehoor of gespeel is op die aarde nie
  • Dat Ek jou in persoon sal besoek. 

Hierdie dinge is eintlik normaal vir gelowiges, en Ek wil hê dat dit weer ‘n normale deel sal word van jou geloof, dat jy My sal vertrou daarvoor…

Ek het vir jou pragtige gereedskap gegee vir hierdie jaar.

Sommige van hierdie gereedskap is vir jou onbekend en jy weet nie eers hoe om dit te gebruik nie. Moenie bang wees nie; leer hoe om dit te gebruik! Jy kan dit doen; Ek is altyd met jou om jou te help leer! Hierdie gereedskap was die begeertes van jou hart, en jy het jouself verlustig en verbly in My; daarom het Ek dit vir jou gegee – en dit was my plesier om dit aan jou te gee!

So gebruik hierdie gereedskap! Leer om met hierdie instrumente te werk! Ek het dit vir jou voorsien uit My stoorkamers. 

Ek wil jou bemoedig om die pragtige dinge wat Ek vir jou gegee het, te omhels. 

Moenie dat jou hart dit begin aanbid nie, en moenie dat dit die skatkamer van jou hart word nie. Hou My as jou grootste skat en grootste vreugde. Maar jy moet ook leer om die gawes en geskenke wat ek aan jou gee, te waardeer. Hoe kan jy meer van die Hemel ontvang wanneer jy jou eerste geskenke uit die Hemel van die hand wys? As Ek vir jou intree-vlak geskenke gee uit die Hemel, en jy dit van die hand wys omdat dit te spesiaal of te mooi is vir jou, hoe kan ek beter en groter aan jou gee?

Daar is ‘n progressie in die ontvang van gawes, en ook in die uitdeel van gawes in die Koninkryk. 

‘n Mens begin deur kleiner geskenke te gee. Jy leer dan gaandeweg om dinge van groter waarde weg te gee. ‘n Mens gee eers klein dankoffers, en soos tyd verloop gee jy groter en groter. Dit gebeur omdat jou rentmeesterskap toeneem, en die vlak van jou verantwoordelikheid ook vergroot. 

Maar die ontvanger moet strek om te ontvang op dieselfde wyse as wat die gewer moet strek om te gee. 

As ek aan jou iets spesiaal wil gee en jy het nie waardering daarvoor nie, hoe kan Ek aanhou om dit te doen? My Woord leer jou om nie heilige dinge voor die honde te gooi nie; met ander woorde, moenie jou beste gawes gee aan die mense wat dit nie kan waardeer nie. Hierdie prinsiep werk vir My ook! Ek bly by My Woord, My Woord is ‘n manifestasie van Myself. Ek kan niks anders doen as wat My Woord sê nie!

Met ander woorde, as jy meer van My wil hê, waardeer dit wat Ek jou gegee het!

Sê dankie vir My en se seën My vir dit wat Ek vir jou gegee het. Gebruik dit wat jy ontvang het. Seën wat ek jou gegee het, en sorg mooi daarvoor. As jy respek het vir die geskenke wat ek in jou hande geplaas het vanuit die stoorkamers van die Hemel, sal jy vind dat Ek jou meer en meer gawes sal gee. 

Ek wil die stoorkamers van die hemel op jou uitgooi hierdie jaar.

Die stoorkamers van die hemel is tot oorlopens toe vol, en Ek het baie meer pragtige dinge in my hart wat ek hierdie jaar wil skep. Ek het spasie nodig in My stoorkamers! Ek het jare en jare se waarde van geskenke wat op hope gepak staan – gawes wat jy tot nou toe nie kon ontvang nie, alhoewel Ek jou al so hard probeer oortuig het, so baie maal, net om dit te ontvang! Ek wil VANDAG nog hierdie dinge op jou uitgooi – dinge wat geen oog gesien, geen oor van gehoor het, en wat nog nie in die hart van ‘n mens opgekom het nie – dis dinge wat Ek vir jou wil doen! So VRA My! Vra My daaglikse dinge soos:

  • Stort vandag al U gawes op my uit, PLUS jare se waarde van gawes wat nog uitstaande is vir my, asseblief Vader
  • Here, doen vir my die dinge vandag wat ek nie eers in my wildste drome kan begryp nie
  • Here, gee my asseblief die gawes wat Ek nie eers van weet, of weet om voor te vra nie 

Dit is My plesier om aan julle die Koninkryk te gee, en Ek het ‘n instrument nodig om kreatiwiteit te kanaliseer. . . My kreatiwiteit is ‘n dryfkrag! Ek skep nog daagliks, en Ek verlang om My kreatiwiteit namens jou te gebruik! 

Bid hierdie gebed oor jouself hierdie jaar: 

“Here, beoefen U kreatiwiteit deur My”.

Gee My permissie om weer te skep in jou lewe deur jou gebed. Laat My toe om dinge in jou lewe te vervaardig deur die krag van My Gees – dinge wat jy nie eers in jou verbeelding kan bedink nie. Vra My om hierdie daagliks te doen, en jy sal verstom staan oor wat ek doen. Ek sê weer, jy sal verstom wees oor wat ek doen. Absoluut verstom oor die krag van my kreatiwiteit in jou lewe!

Ek is LIEF vir jou My kind. Jou beker loop oor, en jy weet dit nie eers nie. Jy het meer as wat jy weet, en jy sal dit aanhou ontvang. Jy sal alles ontvang wat Ek vir jou het as jy deurdruk in My en rus en my glo vir groter en beter in jou lewe. 

Mag hierdie boodskap ook so baie met jou praat soos met my. Bid dit oor jouself, en mag jy geseënd wees meer as wat jy ooit verwag het. 

Published by Andri

Writer, thinker and doer

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: