Herstel Hart en Huis

2020 sal ‘n jaar wees waarin God jou heelmaak deur dit wat jy self doen. Hy sal jou leer wat jy moet doen om gesond te word na liggaam, siel en gees. Baie toetse wat jy in die verlede geskryf het, is verby. Die grootste toets wat jy ooit moes deurstaan, was hart chirurgie. Jy moes baie maal kyk of JOU hart reg is – en jy het jouself gedurig ondervra. Nou het jy genoeg tyd op dit spandeer. Jy het lank genoeg in die donkerkamertjie gesit en jouself kruisondervra. Dis nou tyd vir iets nuuts.